|
Article on other languages:
|
'n Hektaar is 'n meeteenheid van oppervlak, gelyk aan 10 000 m² wat veral gebruik word om grondgebied te meet. 'n 1 Hektaar groot vierkant se sye is 100 meter lank (1 Hektometer). Die naam hektaar kom van die verkorting van Griekse voorsetsel Hekto vir 100 en die eenheid are. 'n Hektaar is 'n 100 are of 'n vierkanthektometer. Are was die basis eenheid vir oppervlak wat in ouer vorms van die metrieke stelsel gebruik is maar nie are of hektaar vorm deel van die moderne SI-stelsel nie, die gebruik van hektaar word egter steeds toegelaat en die eenheid word presies gedefinieer deur basiseenhede in die SI-stelsel.
Die hektaar word algemeen in baie lande gebruik, veral gebiede wat die grond beplanning en bestuur behels soos landbou, bosbou, en Stadsbeplanning. Dit is veral nuttig waar vierkantmeter omslagtig en onnodig presies sou wees. In die VSA en Kanada word die acre steeds oor die algemeen in soortgelyke situasies gebruik. Eksterne skakelsVerwysings
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.