Lissabon

Article on other languages:

Lissabon
Lisboa

Kaart Wapen
Vlag
 Land Portugal
 Gewes (Região) Lissabon
 Koördinate 38° 42' N, 09° 10' O
 Stigting ~1200 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 83,84 vk km
 Hoogte bo seevlak 0-226 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 509 751
 - Bevolkingsdigtheid 9 518,1/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 000 000
 Tydsone UTC +0 (WET)
 Burgemeester Antonio Costa
 Amptelike Webwerf Câmara Municipal

Lissabon (Portugees: Lisboa [liʒ'boɐ]) is die hoofstad van Portugal en die gelyknamige distrik en administratiewe gewes. Die stad is aan die monding van die Tejorivier in die Atlantiese Oseaan in die uiterste suidweste van Europa en aan die weskus van die Iberiese Skiereiland geleë.

As die grootste stad van Portugal met sy belangrikste seehawe, die setel van die Portugese regering en talle nasionale owerhede, ses universiteite en die Portugese Akademie vir Wetenskap is Lissabon die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land.

Lissabon is ook die setel van 'n aantal instellings van die Europese Unie, waaronder die Europese Kontrolekantoor vir Dwelmmiddels en Dwelmverslaafdheid en die Europese Agentskap vir Veiligheid op See. Die stad huisves daarnaas ook die hoofkantoor van die Gemeenskap van Portugeessprekende Lande (CPLP).

Lissabon het in 205 v.C. onder Romeinse heerskappy gekom. Gaius Iulius Caesar het die status van Romeinse municipium en die Latynse naam Felicitas Iulia aan die destydse nedersetting Olisipo toegeken.

Die stad het vanaf die 5de eeu n.C. onder die gesag van verskillende Germaanse stamme gestaan en is in die 8de eeu deur More verower. Sedert die Christelike herverowering in 1147 deur kruisvaarders onder die bevel van Afonso Henriques het Lissabon tot die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van Portugal ontwikkel. In teenstelling met die meeste ander hoofstede het Lissabon sy status as hoofstad en regeringsetel nie aan enige statuut of ander geskrewe ooreenkoms te danke nie, maar fungeer danksy 'n grondwetlike konvensie as die de facto-hoofstad van Portugal.

More about Lissabon: lissabon nach nachtzung, lissabon nachtzug, lissabon reiseführer, lissabon unterkunft, lisbon lissabon, lissabon nach zug,

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.