Moembaai (Engelse naam: Mumbai)
Moembaai is die hoofstad van die Indiese staat Maharashtra en die hoogs bevolkte stad in Indië. Moembaai lê op 'n eiland aan die weskus van Indië by 18°96′N 72°82′O . Dit is die sesde grootste metropolitaanse gebied in die wêreld met 'n bevolking wat in 2005 op 17 miljoen geskat is. As die grootste hawestad in Wes-Indië met 'n diep natuurlike hawe word meer as helfte van Indië se passasiervervoer hanteer.
|