Noord-Amerika

Article on other languages:

Die ligging van Noord-Amerika
'n Satellietfoto van Noord-Amerika

Noord-Amerika is 'n kontinent in die noordelike halfrond van die aarde, wat byna uitsluitlik in die westelike hemisfeer lê. Dit word in die noorde begrens deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur die noordelike Atlantiese Oseaan, in die suidooste deur die Karibiese See en in die suide en weste deur die noordelike Stille Oseaan. Met 24 500 000 vierkante kilometer beslaan dit 4,8 persent van die aarde se oppervlak en is die derde grootste vasteland na Asië en Afrika.

Op die vasteland van Noord-Amerika lê drie groot lande (hier gerangskik volgens hulle landoppervlakte):

  • Kanada,
    • met die Vancouver- en die Koningin-Charlotte-eilande langs die weskus; die Prins-Edward-Eiland, Newfoundland (Terre-Neuve) en Kaap-Breton-eiland langs die ooskus; en die Ellesmere-, Baffin- en Victoria-eilande langs die noordkus;

In die uiterste suide lê Sentraal-Amerika, wat uit die volgende lande bestaan:

In die uiterste suidooste van die kontinent lê die eilandgroep van die Antille. Indien 'n mens die Bahama-eilande insluit, word hulle ook die Karibiese eilande genoem. Hulle bestaan uit

In die Atlantiese Oseaan lê die

In die noorde van die kontinent lê die grootste eiland ter wêreld, Groenland. Alhoewel dit deel uitmaak van die Noord-Amerikaanse kontinent, is dit 'n selfregerende gebied van die Koninkryk Denemarke (Noord-Europa).

Langs die Kanadese ooskus lê die eilandgroep van Saint Pierre en Miquelon, 'n Franse besitting.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.