Noord-Dakota (Engels: State of North Dakota) in 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Bismark en die grootste stad is Fargo. Dit is die 19ste grootste deelstaat met 'n oppervlakte van 183,272 vierkante kilometers. Dit het 'n bevolking van sowat 642 duisend mense. Noord-Dakota word in die noorde deur Kanada (provinsies: Saskatchewan en Manitoba), in die ooste deur Minnesota, in die suide deur Suid-Dakota, en in die weste deur Montana begrens. Die staat lê in die Opper-Midde-Weste en in die Groot Vlaktes. Dit het 'n tipies landklimaat met warm somers en lang, koue winters.
Noord-Dakota se byname is Peace Garden State, Roughriders State, Flickertail State, en Norse Dakota (die woord Norse verwys na die groot getalle Skandinawiërs, wat in Noord-Dakota gevestig het).