|
Article on other languages:
|
Oesbekistan is 'n land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken word. Sy hoofstad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 2 229 400 inwoners (2005). Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel is die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen. In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek. DemografieSowat 75 persent van die bevolking is Oesbeke, ses persent is Russe, vyf persent Tadjik en vier persent Kazak. 74.3 persent van die inwoners praat Oesbekies ('n Turkse taal) en 14 persent Russies. 88 persent van die Oesbeke is aanhangers van die Islam, nege persent is Ortodokse Christene. ProtestantismeProtestante maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. Die Evangelies Lutherse Kerk in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent. Die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, daar is egter huiskerke van Oesbeke.Duisende Oesbeke het na 1991 die Christendom aangeneem. Christene word baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer, wat die druk van godsdienstige boeke met 3 jaar gevangenis strafbaar stel. Die regering vervolg Christene massaal. Daar is sterk druk op Christene vanuit 'n Islamitiese agtergrond in afgeleë streke. Bronnelys
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.