Omwentelinge per minuut (afgekort opm of min-1) en dikwels na verwys as toere is 'n eenheid van frekwensie wat gewoonlik gebruik word om omwentelingsnelheid te meet, veral in die geval van omwentelinge rondom 'n vaste as. Dit verteenwoordig die aantal volle draaie wat 'n voorwerp in 'n minuut maak.
Voorbeelde
Gramafoonplaat het tipies teen 16, 33⅓, 45 of 78 opm gedraai.
Oudio CD draai teen snelhede van ongeveer 500 opm wanneer die binneste databaan gelees word tot 180 opm wanneer die bane aan die buitenste rand gelees word.
Die minuutwyser van 'n analoë horlosie draai teen 1 opm.
'n Wasmasjien se balie draai teen 600 tot 1600 opm tydens 'n spinsiklus.
'n Motorvoertuig se enjin se omwentelinge wissel tussen 700 en 7000 opm.