Onkruid

Article on other languages:

Die geelblom–bloudissel (Argemone mexicana) word beskou as onkruid.

Onkruid is ongewenste plante. Die kategorisering van onkruid is dus subjektief. Onkruid kan soms skade doen aan 'n omgewing of ander plante, en kan as gevolg daarvan as onkruid gesien word. Plante wat soms as onkruid gesien word, kan dalk vir ander nuttig wees.

Onkruid kan soms baie vinnig groei en groei soms bo-oor ander plante om te keer dat hulle son en water kry. Onkruid gebruik soms baie water.

Voorbeelde

Enkele voorbeelde van plante wat as onkruid gesien kan word:

  • swartwattelboom
  • kakiebos
  • stinkblaar
  • brandnetel
  • dubbeltjie
  • trompetblom
  • turksvy
  • boetebossie
  • wewenaar
  • selonsroos

Sien ook

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.