Die Portugees in Brasilië, wat dikwels Brasileiro genoem word, wyk effens af van die Portugees in die ander gebiede, nie alleen wat uitspraak en idioom betref nie, maar ook in spelling, as gevolg van 'n spellingshervorming (die Acordo Ortográfico uit 1990, gewysig in 1998) die was wél ooreengekom met Portugal en die ander Portugeestalige lande, maar nooit amptelik deurgevoer nie (omdat die verdrag nog nie deur alle deelnemende lande bekragtig is nie).