|
Article on other languages:
|
Roemenië is ‘n land in Suidoos-Europa. Roemenië is ryk in kultuur en natuurskoon. Dit lê teen die Swart See. Die Donourivier vorm die suidelike grens. Die amptelike taal is Roemeens. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is Roemeens, 7% Hongaars, 3,5% Roma en die res bestaan uit ‘n klein aantal Duitse, Russe, Turke en Jode. 87% van die bevolking behoort tot die Romeins-ortodokse geloof. Die land is lid van NAVO en het op 1 Januarie 2007 by die Europese Unie aangesluit.
GeskiedenisDie Ottomaanse Oostenryks-Hongaarse ryk het Roemenië vir 'n lang tyd gedeeltelik regeer. Die hoofstad van Roemenië is Boekarest. In 1878 het Roemenië volledig onafhanklik geword. Roemenië was van 1881 tot 1947 'n koninkryk. In 1948 het Roemenië 'n kommunistiese staat geword. Die regering en ekonomie word vervolgens geskoei op die model van die Sowjetunie. Sedert 1960 het die Roemeense leiers hulle begin distansieer van die Sowjetunie en volg hul eie binnelandse en buitelandse beleid. Roemenië bly egter binne die Sowjet-invloedsfeer. Die ekonomie groei gedurende die tydperk. In 1980 beleef die land 'n insinking en ly sommige Romeniërs honger. In 1989 rebelleer die Roemeniërs teen die diktator Nicolae Ceausescu en die kommunistiese regering. Sedert 1990 is Roemenië 'n demokrasie. BevolkingReligie86% van die bevolking is Ortodokse Christene. Daar is ook 'n Joodse bevolking van 7500 en 21 000 ander inwoners wat verskeie ander gelowe aanhang. TaleVolgens die Roemeense grondwet is Roemeens (limba română) die ampstaal van Roemenië. Dit is die belangrikste taal in die land en word deur sowat 89,5 persent van die bevolking gepraat. Hongaars (6,6 persent) en Romanes (2,5 persent) is tans die belangrikste minderheidstale. Onder meer as gevolg van die emigrasie na Duitsland het die Duitse taal se aandeel tot sowat 0,3 persent gedaal. Daar is 'n klein Poolssprekende minderheid in die Boekowina, terwyl in die Banat en die noord-weste van Transsilvanië ook Slowaaks gepraat word. Ander minderheidstale is Oekraïens (0,3 persent, in die Boekowina en Maramoeresj), Turks (0,2 persent, Dobroedsja, Russies (0,2 persent, veral in die Donaudelta), Tataars (0,1 persent, Dobroedsja) en kleiner tale (0,3 persent). [1] Die aandeel Roemeenssprekendes neem geleidelik toe. VerwysingsAlbanië | Andorra | Armenië2 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgië1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit-Rusland Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard 1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika
Europese Unie (EU)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.