|
Article on other languages:
|
Die internasionale eenheidstelsel (genoem die SI-stelsel vanuit die Franse frase, Système International d'Unités) is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Myanmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer centimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI-stelsel verwys as die metrieke stelsel (veral in die Verenigde State, wat dit nog nie aangeneem het nie al het die gebruik daar begin toeneem). Die internasionale eenheidstelsel verwys na 'n spesifieke groep mates wat afgelei en uitgebrei is vanuit die metrieke stelsel; alle metrieke eenhede word egter nie as SI-eenhede aanvaar nie. Daar is sewe basiseenhede en verskeie afgeleide eenhede, saam met 'n stel voorvoegsels. Eenhede wat nie SI-eenhede is nie kan omgeskakel word na SI-eenhede (of omgekeerd) deur die omskakeling van eenhede. Byna alle sulke eenhede is al geherdefinieer in terme van die SI-eenhede.
OorsprongDaar word op die eenhede van die SI-stelsel deur 'n reeks internasionale konferensies besluit wat deur die standaarde-organisasie Bureau International des Poids et Mesures (Internasionale Buro van Gewigte en Mates) gereël word. Die SI het eers sy naam in 1960 gekry en die laaste byvoeging het in 1971 plaasgevind. Die ware oorsprong van die SI of metrieke stelsel dateer terug na ongeveer 1640. Dit is uitgevind deur Franse wetenskaplikes en het 'n groot hupstoot gekry tydens die Franse Rewolusie van 1789. In 1795 het die stelsel wettelik verpligtend geword, maar dit was onmoontlik om die navolging daarvan af te dwing en daar was baie teenstanders. In 1812 het Napoleon die stelsel weer afgeskaf, maar die Verenigde Koninkryk van die Nederlande (Nederland + België) het dit in 1820 weer ingestel. Koning Willem I het sodoende gepoog om 'n bietjie eenheid in sy koninkryk te skep. Langsamerhand is dit wêreldwyd in gebruik geneem. Met ingang 2005 is dit nog net in die Verenigde State waar die stelsel nie wetlik afgedwing word nie. Die metrieke stelsel het gepoog om eenhede te kies wat nie arbitrêr vasgestel is nie, wat dog steeds prakties sou wees, en wat mooi ingeskakel het met die rewolusie se amptelike ideologie van suiwere rede; dit is voorgestel as 'n noemenswaardige verbetering oor die inkonsekwente eenhede wat voor dit in gebruik was en waarvan die waarde dikwels afgehang het van die streek. Die belangrikste eenheid is dié van lengte: een meter was bedoel om gelyk aan 1/10 000 000de van die afstand van die pole tot by die ekwator langs die lengtelyn deur Parys af te wees. Die afstand is ongeveer 10% langer as 'n jaart. Later is 'n platinumstaaf met 'n onbuigsame deursnee in die vorm van 'n X vervaardig om as 'n maklik bruikbare standaard te gebruik om 'n meter se lengte te bevestig. Vanweë die feit dat dit moeilik was om die lengte van 'n meridiaankwadrant in die 18de eeu te meet, was die eerste platinum prototipe 0,2 millimeters te kort. Daar is toe later besluit om 'n veelvoud van 'n spesifieke straling se golflengte te gebruik om die (onveranderde) lengte op 'n abstrakte manier te definieer en uiteindelik is daar besluit om die meter te definieer as die afstand wat lig in 'n spesifieke typerk aflê in 'n vakuum. Die oorsprongklike basiseenheid van massa in die metrieke stelsel was die gram, maar dit is vinnig verander na kilogram, wat gedefinieer is as die massa van suiwer gedistilleerde water by sy hoogste digtheid (+3.98 grade Celsius) wat in 'n kubus waarvan die kante afmetings het van 1/10de van 'n meter. Een kilogram is ongeveer 2.2 pond. Die kubiese ruimte is ook 'n liter genoem sodat die volumes van verskillende vloeistowwe maklik daarmee vergelyk kon word. Teen 1799 is 'n platinumsilinder vervaardig om as die standaardgewig vir 'n kilogram te dien, dus het geen watergebaseerde standaard ooit gedien as die primêre standaard toe die metrieke stelsel elders in gebruik geneem is nie. In 1890 is die silinder met 'n ander vervang wat uit 90% platinum-, 10% iridiumlegering bestaan het en het sedertien as die standaard bly dien en word in 'n kluis iewers in Parys bewaar. Die kilogram is die enigste basiseenheid wat nie herdefinieer is in terme van 'n onveranderende natuurlike verskynsel nie. Wetenskaplikes het egter by die Royal Society in Londen 'n beroep gedoen dat die massa van die standaard kilogram in Parys vervang moet word as die amptelike definisie en dat dit vervang moet word deur 'n onveranderlike natuur-eienskap (eerder as deur 'n fisiese voorwerp waarvan die massa effens kan verander), maar 'n besluit oor die herdefiniëring kan eers in 2007 geneem word. Die eenheid van temperatuur het die centigraad of omgekeerde Celsius graad geword, wat beteken dat die kwikskaal opgedeel word in 100 gelyke dele tussen die temperatuur van 'n water-ys mengsel en die kookpunt van suiwer, gedistilleerde water (by seevlak). So word die temperatuur van kookwater dan 100 grade Celsius en die vriespunt van water, 0 grade Celsius. 'n Honderd jaar later het wetenskaplikes die bestaan van 'n absolute nul temperatuur vasgestel. Dit het toe die daarstel van 'n nuwe temperatuurskaal genoodsaak, wat die absolute skaal of kelvinskaal genoem word, wat die nulpunt verskuif maar nog steeds 'n 100 kelvin tussen die vriespunt en kookpunt van water beslaan. Die metrieke eenheid van tyd het die sekonde geword en is oorspronklik as 1/86 400ste van 'n gemiddelde Sondag gedefinieer. Die formele definisie van die sekonde is verskeie kere verander vanweë gevorderde wetenskaplike vereistes (sterrekundige waarnemings, stemvurkhorlosie, kwartshorlosie en toe die sesium-atoomhorlosie) maar die gebruikers van polshorlosies sou nie die verskil agterkom nie. Die vinnige wêreldwye ingebruikneming van die metrieke stelsel vir ekonomiese en alledaagse gebruik het plaasgevind hoofsaaklik omdat baie lande nie hul eie gebruiklike stelsels gehad het om baie begrippe te beskryf nie, of in ander lande om vinnige standardisasie teweeg te bring tussen die verskeie streke se stelsels. Internasionale faktore het ook die ingebruikneming van die metrieke stelsel beïnvloed, omdat baie lande hulle handel sodoende kon verhoog. Wetenskaplike werk met klein en groot hoeveelhede word ook makliker gemaak omdat dit so goed inval by die desimale syferstelsel. BasisDie SI-stelsel is op sewe basiseenhede gebou, die kilogram, meter, sekonde, ampère, kelvin, mol en kandela. Hierdie eenhede word gebruik om die verskeie afgeleide eenhede te definieer. Die SI-stelsel definieer ook 'n aantal SI-voorvoegsels om saam met die eenhede te gebruik: wanneer enige van hierdie met 'n eenheidnaam gebruik word, definieer dit die aantal onderverdelings of veelvoude van die eenheid. Die voorvoegsel kilo stel veelvoude van 'n duisend voor, dus is die kilometer 'n 1 000 meter, die kilogram 'n 1 000 gram ensovoorts. Neem kennis dat 'n miljoenste van 'n kilogram 'n milligram is en nie 'n mikrokilogram nie. SI-skryfstyl
Op 'n paar uitsonderings na (soos bierverkope in die Verenigde Koninkryk) kan die stelsel wettig gebruik word in alle lande in die wêreld en onderhou baie lande nie meer definisies van ander eenhede nie. Die lande wat nog steeds amptelike erkenning aan nie SI-eenhede verleen (bv. Die V.S.A. en die VK) het moderne omskakelingsfaktore daarvoor gedefinieer. Landmetingsafstande is egter nie in die V.S.A. geherdefinieer nie vanweë die opgehoopte fout wat dit teweeg sou bring en daarom bly die landmetervoet en landmeterduim daar aparte eenhede. (In die Verenigde Koninkryk was dit nie 'n probleem nie want die landmetingsopnames was reeds in metrieke eenhede voor die Tweede Wêreldoorlog. EenhedeBasiseenhedeDie volgende eenhede is die fundamentele eenhede waaruit al die ander afgelei is, hulle is dimensioneel onafhanklik. Die definisies hieronder word algemeen aanvaar.
Dimensielose afgeleide eenhedeDie volgende SI eenhede word afgelei vanuit die basiseenhede en is dimensieloos.
Afgeleide eenhede met spesiale nameBasiseenhede kan saamgevoeg word om eenhede af te lei vir die meet van ander hoeveelhede. Sommiges het spesiale name gekry.
Nie SI-eenhede wat aanvaar is vir gebruik saam met SIDie volgende eenhede is nie SI-eenhede nie maar word aanvaar vir gebruik saam met die SI stelsel.
SI-voorvoegselsDie volgene SI-voorvoegsels kan gebruik word by enige van bostaande eenhede om 'n veelvoud of verdeling van die oorspronklike eenheid aan te dui.
Verouderde SI-voorvoegselsDie volgende SI-voorvoegsels word nie meer gebruik nie.
Sien ook
Eksterne skakelsAmptelik
Inligting
Pro-metrieke-stelsel drukgroepe Verdere leeswerk
More about SI: honda civic si, civic si, 2007 si swimsuit, si sports, beyonce si, najdi si, ziare si reviste, si kid, si eu, |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.