|
Article on other languages:
|
‘n Sigaret (afkomstig van die Franse woord cigarette, wat klein sigaar beteken) is ‘n produk Dit is meestal kleiner as 120 mm in lengte en 10 mm in deursnee. Onlangs het verskeie lande se belastingbeleid jeens tabakprodukte meegebring dat die stam van die tabakplant nou ook in die sigarette ingewerk word, pleks van dit nie te gebruik nie. Die stam word eers plat- geslaan en dan gesny sodat dit soos die blaar lyk en dan word dit by die gesnyde blare bygevoeg. Die sigaret was in die omgewing van die 18de eeu benoem: boemelaars in Seville, Spanje het die señoritos (ryk jong mans) se sigare op getel, die tabak wat oorgebly het in papier gerol en dit gerook.
Hoe dit gebruik wordDit word aangesteek en gerook. Tabak is ‘n wettige dwelmmiddel in die meeste lande. Dit word soms deur minderjarige kinders in skole misbruik vir sosiale aanvaarbaarhuid. Hoe dit gemaak wordKommersieel geproduseerde sigarete is relatief maklik om te maak, hulle bestaan meestal uit ‘n tabak mengsel, papier, PVA gom en somtyds ‘n filter. PapierDie papier omhulsel, wat die tabak vashou, mag van materiaal verskil maar meestal hou dit die vlam se brandperiode stadig, ventileer nie by die kante uit nie en hou die stabiliteit van die as reg. Die mond area, wat die filter vashou, stabiliseer die mondstuk teen spoeg en brand gevaar wat jou lippe kan skroei en laastens die spoed en tyd wat die vlam vat om deur te brand. TabakmengselDeur ‘n paar produkte saam te meng kan daar verskillende geure en smake ontdek word. Tabak, wat reg oor die wêreld aangeplant word, het verskillende geure en kleure. Dit hang natuurlik af van die klimaat, die jaartal en ander kondisies. Elke sigaret bestaan meestal uit blare van die flue-cured brightleaf, burley tabak, en oriental tabak. Die blare word geselekteer na gelang van ouderdom. Verkope‘n Woolworths supermark sigarettoonbank in New South Wales, Australië het 'n groot vertoonkas. Ander state van Australië is verbied om so groot vertoonkas te hê Voor die Tweede Wêreld- oorlog het party maatskappye spesiale versamelaarskaarte uitgegee in elke pakkie sigarette. Die verkoopsfoefie is afgestel om papier te spaar (seker vir propaganda!). Dit was vir ‘n lang tyd na die oorlog skaars. Natural American Spirit sigarette het "vignette" kaarte met bedreigde spesies en Amerikaanse historiese gebeurtenisse daarop uitgebeeld gehad in 2003. Die gevolge van rook
By vrouens veroorsaak dit vervroegde menopouse en osteoporose. Babas van moeders wat rook is makliker ondergewig, word makliker doodgebore of sterf makliker voor hul eerste verjaardag. Longkanker is die tweede algemeenste kanker in Suid-Afrika onder mans: een uit elke 59 mans word met longkanker gediagnoseer. Die onmiddellike gevolge van passiewe rook
Voordele om op te houVeronderstel jy rook 20 sigarette per dag sal die volgende met jou liggaam gebeur as jy ophou:
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal rook teen die jaar 2030 die grootste oorsaak van sterftes in die wêreld wees. In lande soos Amerika, Brittanje en Kanada veroorsaak rook meer sterftes as MIV/vigs, heroïen, kokaïen, alkohol, brande, moorde, selfmoorde en padongelukke tesame! In Suid-Afrika is tabakverwante siektes die oorsaak van meer as 25000 sterftes elke jaar. % rokers volgens geslagIn 2000, volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie.
More about Sigaret: cheap cigarette, discount cigarette, marlboro cigarette, camel cigarette, buy cigarette, cigarette cases, cigarette store, cigarette smoking, online cigarette, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.