Skrotum

Article on other languages:

Die skrotum (sinoniem: teelsak) is die uitstulping van die abdomen as vel en spier waarin die testikels rus[1]. Die anatomiese lokasie daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met geslagshare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verward dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum is homoloog aan die labia majora in die vroulike geslag.

Inhoud

Funksie

Dit skyn of die skrotum ten doel het om die temperatuur van die testikels te verlaag na ongeveer 34.4 grade Celsius (94 grade Fahrenheit) ; laer as die res van die liggaam se temperatuur van 36.7 grade Celsius (98 grade Fahrenheit). Blootstelling aan die liggaam se hoër temperatuur skyn die spermtelling te beskadig. Om die skrotum se temperatuur konstant te hou, ontspan of trek die kremasterspier (in die abdomen) en die dartos-fascia (in die skrotum) saam. Dit beweeg dan die skrotum (en die testikels) verder of nader aan die bekken en abdomen. Kontraksie van die spiervesels van die dartos-fascia is onwillekeurig en laat die skrotumvel dikker en meer plooierig lyk.

Siekteprosesse van die skrotum

Verdere illustrasies

Kyk ook na

Aantekeninge

Verkort vanaf Scrotum op die Engelse wikipedia.

  1. ^ "Science : Bumpy lifestyle led to external testes - 17 August 1996 - New Scientist." URL besoek op 2007-11-06.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.