|
Article on other languages: |
'n Steenvrug is 'n vrug waarvan die binnewand, die endokarp, uit 'n steenwand bestaan. Voorbeelde van sulke steenwande is te vinde in 'n kersiepit, pruimpit, lemoenpit, walneut(!) of in braampitjies. Binne die pit (die "steen") sit die eintlike saad. Rondom die endokarp sit die meestal vlesige mesokarp wat op sy beurt omgewe is van 'n vrugskil, die eksokarp. By die kokosneut, ook 'n steenvrug, is die mesokarp nie vlesig nie, maar veselrig. Die versamelsteenvrug, soos by die braam, framboos of Japanse wynbessie, is saamgestel uit talryke vrye vrugbeginsels van één blom, wat afsonderlike steenvruggies vorm. Hierdie vruggies sit dus op dieselde blombasis en word omgewe van één kelk. Allergiese reaksies op steenvrugte is bekend. In meeste gevalle gaan dit oor 'n kruisallergie vir stuifmeel. |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.