|
Article on other languages: |
In organiese chemie is transesterifikasie die proses waardeur die alkoksiegroep van 'n ester deur 'n ander alkohol uitgeruil word. Hierdie reaksies word dikwels gekataliseer deur die byvoeging van 'n suur of basis. Sure kan die reaksie kataliseer deur 'n proton te skenk aan die karbonielgroep en dit sodoende meer reaktief maak, terwyl basisse die reaksie kan kataliseer deur 'n proton vanuit die alkohol te verwyder en dit sodoende meer reaktief maak. Transesterefikasie word gebruik in die sintese van poliester waarin diesters transesterifikasie ondergaan met diole om makromolekules te vorm. Dimetieltereftalaat en etileenglikol reageer om polietileentereftalaat en metanol te vorm wat dan verdamp kan word om die reaksies vorentoe te dryf. Die omgekeerde reaksie (metanolise) is ook 'n voorbeeld van transesterefikasie en word gebruik om indiwiduele monomere uit poliesters te herwin. Een van die eerste gebruike van die transesterifikasie-reaksie was die vervaardiging van biodiesel om swaarvoertuie in Suid-Afrika voor die Tweede Wêreldoorlog aan te dryf. Verwysings
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.