Venezuela

Article on other languages:

Die Bolivariaanse Republiek van Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, "klein Venesië") is 'n land in die noorde van Suid-Amerika 1. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die Noorde, Guiana aan die Ooste, Brasilië aan die Suide, en Kolombia aan die Weste. Noord van Venezuela lê die Karibiese state van Aruba, die Nederlandse Antille en Trinidad en Tobago.


República Bolivariana
de Venezuela              
(In Detail)
Amptelike taal Spaans
Hoofstad Caracas
President Hugo Chávez
Area
 - Totaal
 - % water
32ste
916,445 km²
0.3%
Populasie


 - Total (2008)
 - Digtheid

posisie: 40ste


28,199,822
30.2/km²

Onafhanklikheid


 - Verklaar
 - Erken

Van Spanje


5 Julie, 1811
1821

Geldeenheid Venezuela bolivar
Tydsone UTC -4:30
Nasionale lied Gloria al bravo pueblo
Internet TLD .VE
Skakelkode 58

Inhoud

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Venezuela


State

Hoofartikel: State van Venezuela

Venezuela is verdeel in 23 state (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklike (dependencias federales), gemerk deur 'n *:


Geografie

Hoofartikel: Geografie van Venezuela

Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5,007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraal-eilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom Maracaibo meer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Colombiaanse grens tot die rivierdelta van die Orinoco in die ooste. In die Suide is die Guiana Hooglande, tuiste van die Angel Falls, die wêreld se hoogste waterval.

Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad, Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay, en Ciudad Guayana.


Eksterne verwysings

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:


Lande in Suid-Amerika
Argentinië | Bolivia | Brasilië | Chili | Kolombië | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela
Afhanklike gebiede: Falklandeilande | Frans-Guyana

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.