|
Article on other languages:
|
Die woord Brittanje word soms gebruik om te verwys na die Verenigde Koninkryk.
NaamDie volledige amptelike naam is "Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland". Die term "Groot-Brittanje" word dikwels gebruik om na die Verenigde Koninkryk te verwys, alhoewel Groot-Brttanje streng gesproke net uit Engeland, Skotland en Wallis bestaan en dus na die grootste van die Britse Eilande verwys. Die voorsetsel "Groot" is aan die Franse taal ontleen, wat 'n onderskeiding maak tussen die Franse gewes Bretagne en Grande Bretagne ("Groot-Brittanje"). Die Latynse naam Britannia het sy historiese oorsprong in die Keltiese woord Brith, wat letterlik "bont" of "gevlek" beteken. Die land se naam in die skryfwyses van die amptelik erkende tale is:
GeskiedenisPolitiekGeografieDie Verenigde Koninkryk bestaan uit die hoofeiland Groot-Brittanje, sowat 'n sesde van die eiland Ierland en 'n aantal eilandgroepe met meer as 1 000 kleiner eilande. Die belangrikste eilandgroepe is Shetland en Orkney in die Noordsee noord van Skotland, die Buite- en Binne-Hebride in die Atlantiese Oseaan wes van Skotland, Anglesey in die Ierse See wes van Wallis, die Scilly-eilande in die Keltiese See suid-wes van Engeland en die Isle of Wight (Wight-eiland) in die Engelse Kanaal voor die Engelse suidkus. Die Verenigde Koninkryk se enigste landgrens met 'n lengte van 360 kilometer loop in die noorde van die eiland Ierland. Alhoewel hulle Britse Kroongebiede is, maak die eiland Man in die Ierse See en die Kanaaleilande in die Engelse Kanaal voor die noordkus van Frankryk nie deel uit van die Verenigde Koninkryk nie. EkonomieIn die twintigerjare van die 20ste eeu begin met die verval van die Britse Ryk 'n tydperk van ekonomiese agteruitgang, wat deur die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog, strukturele probleme en die volgehoue weiering om nouer ekonomiese bande met die ander Europese lande te soek, nog versterk word. Die in vergelyking met ander Wes-Europese ekonomieë oorgroot invloed van die Britse vakbonde en hoë inflasiekoerse is net twee van die land se vraagstukke teen die einde van die sewentigerjare. Die nuwe konserwatiewe regering onder die Erste Ministeres Margaret Thatcher begin in 1979 sy neoliberale ekonomiese beleid, wat onder meer die privatisering van genasionaliseerde nywerhede behels. Vandag behoort die Verenigde Koninkryk weer tot die belangrikste en mees dinamiese ekonomieë ter wêreld. In die jaar 2003 is dit met buitelandse beleggings ter waarde van 672 miljard VSA-dollar die mees aantreklike land vir beleggers in Europa, nog voor Duitsland (545 miljard VSA-dollar) en Frankryk (433 miljard VSA-dollar). Die ekonomiese groei word veral gesteun deur die vinnige ontwikkeling van die dienstesektor, met sowat een miljoen werknemers net in die finansiële dienstesektor. Die landbou, wat vroeër 'n relatief groot rol gespeel het, genereer nou minder as een persent van die bruto nasionale produk en bied net twee persent van alle werkgeleenthede in die land. Die belangrikste uitvoergoedere is masjiene, rekenaars, ru-olie en gas. Ten spyte van die ekonomiese groei is daar baie inwoners wat hul brood met tydelike of informele werk moet wen, aangesien die sosiale welvaartstelsel van die Verenigde Koninkryk in teenstelling met ander Europese lande min ondersteuning aan werkloses en behoeftiges bied. DemografieSein Demografie van die Verenigde Koninkryk KultuurSportEksterne skakels
Sien ookAlbanië | Andorra | Armenië2 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgië1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit-Rusland Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard 1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika
Europese Unie (EU)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.