Washington (Engels: State of Washington) is 'n deelstaat in die Pasifies-Noordweste-streek van die Verenigde State van Amerika. Die staat is vernoem na George Washington, wat die eerste president van die Verenigde State was. Die hoofstad is Olympia en die grootste stad is Seattle. Dit het 'n bevolking van omtrent 6,4 miljoen mense en 'n oppervlakte van 184,827 vierkante kilometers. Dit is die 42de deelstaat wat tot die Unie toegelaat was. Washington word in die noorde deur Kanada (Brits-Kolombië, in die ooste deur Idaho, en in die suide deur Oregon begrens. In die weste lê die Stille Oseaan. Die berg Saint Helens is 'n aktiewe vulkaan in die suidweste van die staat; dit het in 1980 uitgebars.
Washington se bynaam is The Evergreen State. Dit is die enigste deelstaat, wat na 'n president vernoem is.