Voorbladartikels: die beste van Wikipedia
Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.
Tans is daar 144 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 11 259. Dus verskyn een uit elke 78 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.
|
|
Die Paryse Metro is 'n openbare vervoerstelsel wat Parys en die omliggende stedelike gebied bedien. Dit bestaan uit 16 lyne wat hoofsaaklik ondergronds loop en altesaam 214 kilometer lank is. Dié moltreinstelsel, wat 'n simbool van Parys geword het, word gekenmerk deur die digtheid van sy netwerk in die middestad van Parys en sy homogene argitektoniese styl wat sterk deur die Art nouveau-beweging beïnvloed is.
Die eerste spoorlyn van die Paryse Metro is tydens die aanloop tot die Wêreldtentoonstelling van 1900 opgerig. Dit is 'n paar maande na die aanvang van die tentoonstelling ingehuldig. Die netwerk is daarna tot met die Tweede Wêreldoorlog vinnig in die middestad van Parys uitgebrei. Die metro vervoer vandag ongeveer 4,9 miljoen passasiers per dag.
- ...lees verder
|
Noorweë is in die weste van die Skandinawiese skiereiland geleë en strek oor 'n afstand van meer as 1600 km. Die land het 'n sterk verbintenis met die see, wat in die geskiedenis en tradisionele bedrywe weerspieël word. Vissery, skeepsbou en skeepvaart speel reeds byna 1000 jaar 'n belangrike ekonomiese rol en die land beskik nog steeds oor 'n groot handelsvloot. Die hoofstad van Noorweë is Oslo. Ander belangrike stede is Bergen, Trondheim en Stavanger.
Volgens die Menslike ontwikkelingsindeks behoort Noorweë tot die lande met die hoogste lewenskwaliteit.
- ...lees verder
|