Hierdie bladsy is vir voorstelle vir bladsy- en beeldverwydering en bespreking daarvan.
Artikels word vir 'n periode van twee weke hier gedebatteer. Die konsensus van die gemeenskap word op die 15de dag uitgevoer. Indien geen konsensus bereik is nie, word die artikels gehou. Sien asseblief die Afrikaanse verwyderingsbeleid of die Engelse riglyne vir probleme wat nie verwydering verg nie en hoe om hulle op te los.
Die proses van nominasie is nie 'n geval van "die meerderheid wen" nie. Dit is teoreties gesproke moontlik dat die meerderheid gebruikers stem om 'n artikel te behou, terwyl dit moontlik 'n 'n voorbeeld van oorspronklike navorsing is. In so 'n geval geniet die beleid voorkeur bo die gebruikers.
Daar word egter altyd gepoog om konsensus te bereik deur die probleme van die betrokke artikel of beeld te bespreek. Dit is ook belangrik om te noem indien 'n artikel of beeld nie 'n spesifieke beleid in ag neem nie. Sodoende kan persone wat teen die nominasie gekant is die gemelde probleme hersien en poog om dit op te klaar, indien moontlik. Persone wat teen nominasies gekant is of die nominasies ondersteun, moet ook hulle teenkantings/ondersteunings met duidelik bewoorde redes voorsien.
Gebruikers is welkom om die volgende sjablone te gebruik:
{{verwyder}} (Verwyder)
{{hou}} (Hou)
{{neutraal}} (Neutraal)
{{kommentaar}} (Kommentaar)
{{vraag}} (Vraag: )
Betwisting van 'n verwydering
Indien u nie saamstem met die verwydering van 'n artikel nie kan u die saak hier bespreek. Maak egter seker dat u vertroud is met die redes waarom die artikel verwyder is en dat u die teendeel kan bewys. Dit is raadsaam om dan ook 'n skakel te plaas van die oorspronklik debat by Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder, sodat ander gebruikers die oorspronklike redes vir nominasie en enige gesprek daaromtrent kan hersien.
Sien ook
Administrateurs moet daarop let dat bespreking van die verwydering dalk ook op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas is.
Wikipedia:Bladsyverwydering/Hou bevat besprekings omtrent onsuksesvolle nominasies, waar die gemeenskap besluit het om die bladsy te hou of waar geen konsensus bereik is nie.
Verwyder Die woord het geen plek op 'n beskaafde ensiklopedie nie. Skel en vloek woorde word wel gewoonlik in Woordeboeke behandel maar dit het geen ensiklopediese meriete nie en doen afbreuk aan die Afrikaanse Wikipedia. laurens (kontak) 07:03, 6 Julie 2008 (UTC)
Hou Persoonlik dink ek ons moet dit hou. Dit is deel van ons geskiedenis. Die woord was nie oorspronklik, en word tans ook nie noodwendig altyd in 'n vloek of skel hoedanigheid gebruik nie. Frank (kontak) 09:27, 6 Julie 2008 (UTC)
Hou Ek dink maar net dit is iets wat dalk nie altyd lekker is nie, maar dit moet nie geïgnoreer word nie. Die ander wikipedias het ook artikels oor vloekwoorde. Wikipedia moenie gesensor word nie. Adriaan90 (kontak) 09:33, 6 Julie 2008 (UTC)
Ek kan nie enige nie-negatiewe gebruik van die woord voorsien nie. Selfs waar Anton Goosen dit gebruik is dit in 'n kunsstelling waar mens dikwels ruwe taal of konsepte sou gebruik. Dieselfde "digterslisensie" geld nie vir 'n ensiklopedie nie. Daar is baie ander woorde wat in Afrikaans voorkom wat 'n mens nie hier sou wou sien nie, dink maar aan alternatiewe benamings vir geslagsdele, ens. Soos ook op die besprekinsgblad genoem is die bestaan van artikels op ander wikipedia's nie regverdigings vir die artikel op die Afrikaanse wikipedia nie. Ek stel voor dit word hier geskrap en 'n verkorte en opgeknapte weergawe van die inhoud word by die Afrikaanse wiktionary gevoeg. Wikipedia is nie 'n woordeboek nie en dit gaan hier slegs oor 'n woord - nie 'n ensiklopedies onderwerp nie. laurens (kontak) 15:46, 6 Julie 2008 (UTC)
Natuurlik is dit nie 'n woordeboek nie, maar as daar geskiedenis en kultuurwaarde agter sit, kan hoort dit mos hier. Kyk byvoorbeeld na al die Afrikaanse en Latynse woorde wat op die Engelse wikipedia beskryf word. En, as die woord kaffer "inheems" beteken, dan wil ek my by Anton en Koos groepeer as 'n Afrikaner en trotse kaffer van Afrika! Groete. Frank (kontak) 16:49, 6 Julie 2008 (UTC)
Alle woorde het geskiedenis, daarom is daar goed soos entomologiese woordeboeke, en meeste woorde het seker ook kultuurwaarde. Dis nie vir my duidelik hoe die twee kriteria die woord in 'n ensiklopediese onderwerp verander nie. Watter Afrikaanse en Latynse woorde verwys jy na? laurens (kontak) 07:52, 7 Julie 2008 (UTC)
Algemene kommentaar - wanneer mense oor die saak besin moet hulle mooi dink oor die implikasie van die woord verteenwoordig. Die aaklige woord word deur miljoene Suid-Afrikaners as uiters vernederend beskou en dit word met die ergste soort rassisme verbind. laurens (kontak) 07:57, 7 Julie 2008 (UTC)
Ek verstaan dat die woord in 'n baie lelike konteks gebruik kan word (die wat doen sal eendag moet rekenskap gee). Maar wat se boodskap stuur ons uit as iemand moeite doen om 'n sensitiewe saak hier te bespreek, en ons dit telkens sensuur? Anders gestel, hoekom kan die saak op 5 ander wikipedias aangespreek word, maar net nie in Afrikaans nie? As daar 'n probleem met die artikel is, stel ek voor dat ons dit herbewoord en 'n positiewer spin op die saak sit.
Hier is 'n paar voorbeelde van woord-blaaie op wikipedia:
Verwyder - Ek stem saam dat die onderwerp hoogs 'n woordeboekinskrywing by Wiktionary verdien, of gaan ons nou 'n artikel vir "meid", "atta", ens. ook skep? Dit gaan nie oor of dit 'n lelike woord is of nie, maar die feit dat dit maar bloot 'n woord is, nie 'n geskiedkundige gebeurtenis of iets nie. Enige nuttige ensiklopediese inligting rakende die woord kan in 'n artikel oor Rassisme of Rassisme in Suid-Afrika omvat word. Anrie (kontak) 16:34, 7 November 2008 (UTC)
My probleem met Wiktionary is dat dit nie voorsiening maak vir die bespreek van woorde nie. Hier kan ons die geskiedenis en ander aspekte van die woord duidelik bespreek - meer as net 'n woordeboekinskrywing. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 11:43, 2 Desember 2008 (UTC)
Net omdat 'n ander Wikimedia-projek nie voorsiening maak vir iets nie, beteken nie dat dit toegestaan is om dit wel hier te doen nie. Soos ek reeds gesê het, die inligting rakende die gebruik, ens. wat op die betrokke blad verskyn kan maklik in 'n artikel oor Rassisme of Rassisme in Suid-Afrika bespreek word, saam met ander rassistiese terms. Maar die woord self verdien werklik nie sy eie artikel nie. Anrie (kontak) 16:49, 2 Desember 2008 (UTC)
Amateurradio in Indië
Die artikel, nog in 'n saadjie-stadium, is grootliks 'n duplisering van die artikel amateurradio met die uitsondering dat die Indiese konteks baie oppervlakkig bygevoeg is. Indië het nie 'n besonderse sterk amateurradio bevolking nie; inteendeel, VSA gee die toon aan, gevolg deur Europese lande. Die ARRL is 'n baie sterk en internasionaal magtige organisasie terwyl die Indiese eweknie waarna daar verwys word 'n beperkte rol speel. Dus, amateurradio in Indië regverdig nie 'n eie blad nie.
My voorstel is dat die artikel amateurradio uitgebrei word om verskillende lande se roepseine te lys. Ek sal daarvan werk maak.
Ek het die artikel vir versmelting met Amateurradio gemerk. Sodra die inligting daar bygewerk is, kan die artikel na 'n aanstuur verander word. Anrie (kontak) 18:20, 21 November 2008 (UTC)