Windenergie

Article on other languages:

Windenergie is 'n vorm van kinetiese energie in die wind. Die tekort aan brandstof mag in die toekoms nuwe belangstelling wek vir die kommersiële gebruik van seilskepe, maar die ware belang van windenergie lê in die ontwikkeling van stilstaande masjinerie om dit in elektrisiteit om te sit. Die meganiese apparate om energie van die wind te verkry, word windmeulens genoem, alhoewel die anglisistiese term aerogenerator ook soms gebruik word. Die instrument wat gebruik word om windsnelheid te meet, word 'n anemometer genoem.

Windmeulens

Windmeulens is waarskynlik vir die eerste maal in die sewende eeu n.C. in Persië (hedendaagse Iran) gebruik om graan te maal of water te pomp. Sedert die dertiende eeu het dit kenmerkend van die Europese landskap geword.

Daar word dikwels aan Nederland gedink as die land met die windmeulens, en tereg ook, aangesien daar teen die einde van die 18de eeu omtrent 20 000 windmeulens in Nederland in gebruik was. Die meeste hiervan is gebruik om water uit die laagliggende gebiede te pomp, om sodoende waardevolle grond van die see te herwin. Deesdae maak baie meer lande van windenergie gebruik, en volgens beraming was daar in 1975 reeds 150 000 klein windmeulens in die VSA in gebruik.

Sien ook

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.